Reviews

CHRIS-ELLE Weddings & Self Catering
Voeg by Gunstelinge
Stuur vir ‘n pêl
1. ○
Deon D
Gesin met tieners
Wonderlik!
Ons het heerlik gerus. Dis pragtig langs die rivier en die bokkies en vark en eende het die atmosfeer nog lekkerder gemaak. Pragtige huisie met alles wat nodig is. Sal beslis weer besoek aflê.
Hes-mari H – Oct 2017
1. ○
Hes-mari H
Gesin met klein kinders
Mooiste plekkie! Sal definitief hul weer besoek!
Ons is met gemak ontvang. Dit is baie netjies en daar kort niks! Ons sal graag langer wou bly, maar sal definitief weer ‘n draai daar maak.
Elsabe S – Oct 2017
1. ○
Elsabe S
Saam met eggenoot/lewensmaat
‘n Heerlike ervaring.
Die vriendelike ontvangs en geselsies, die pragtige karavaan en netjiese ablusie het ons beïndruk. Die springbokkies en varkie was groot vermaak. Ons kon ons siele vind in die rustigheid.
Renier O – Sep 2017
1. ○
Renier O
Enkelreisiger
Die aand was ‘n ervaring eerder as nóg ‘n plek langs die pad.
Die ablusiegeriewe is ongelooflik goed ingerig en die atmosfeer is rustig.
Schalk H – Sep 2017
1. ○
Schalk H
Saam met vriende
Heerlik, rustig, ontspanne en aangenaam.
Die “venue” is baie mooi en goed geleë. Vriendelike ontvangs deur gasvrou Wilna. Netjiese en skoon verblyf. Sal beslis weer hier aandoen.
Ulrika F – Sep 2017
1. ○
Ulrika F
Saam met vriende
Onvergeetlik.
Rustig, dit is net jy en die natuur. Baie dankie Wilna vir jou gasvryheid.
Nicoleen O – Aug 2017
1. ○
Nicoleen O
Saam met eggenoot/lewensmaat
Dit was ‘n asemrowende naweek en ons het baie gerus.
Dit was ‘n heerlike en rustige naweek.
Inge B – Aug 2017
1. ○
Inge B
Saam met eggenoot/lewensmaat
Baie netjies.
Baie moeite gedoen om blyplekkies mooi te maak!
Melinda D – Aug 2017
1. ○
Melinda D
Enkelreisiger
Heerlik rustig!
Dit was ‘n heerlike wegbreek uit die stad. Pragtige natuurskoon, en baie vriendelike personeel! Dankie vir alles!
Rudi P – Aug 2017
1. ○
Rudi P
Saam met eggenoot/lewensmaat
‘ n Eerste, unieke, aangename ervaring in ‘n volledig toegeruste woonwa as oornag fasiliteit.
Die gasheer en gasvrou het ons gul ontvang. Ons het gerieflik en warm gekuier, ten spyte van die koue. Dankie vir die hout vir die braaivleisvuur. Daar is niks wat in die karavaan kortkom nie – daar was selfs ‘n warmwatersak! Die ablusie fasiliteit is netjies en gerieflik en die water warm. Ons kan die campovan aanbeveel – ook vir gaste wat langer bly en die omgewing wil verken. Goeie waarde vir geld.
Ronelle J – Jun 2017
1. ○
Ronelle J
Gesin met tieners
Dit was gesellig en baie mooi omgewing.
Dit is aangenaam en baie mooi uitsig en omgewing. Ons was net bekommerd oor die sekuriteit en ook sou ‘n mens graag ‘n mikrogolf wou hê om kos, melk, ens. warm te maak. Verder het ons dit baie geniet.
Ronel L – May 2017
1. ○
Ronel L
Gesin met tieners
Dit was ‘n baie gerieflike oornag slaapplek tussen Port Elizabeth en Kaapstad.
Ons was vriendelik ontvang. Voor die karavaan is ‘n braaiplekkie met oorgenoeg hout. Die verbygaande vragmotors mag dalk ‘n ligte slaper pla, maar ons het lekker warm geslaap. Ons sal weer hier oornag.
Grant H – May 2017
1. ○
Grant H
Saam met eggenoot/lewensmaat
Gerieflik.
Was plesierig, sal weer daar bly.
Christie B – Mar 2017
1. ○
Christie B
Saam met eggenoot/lewensmaat
Baie rustige omgewing, in puik toestand met baie vriendelike gasheer en gasvrou.
Dit was so lekker om hier te ontspan. Louw en Wilna is twee pragtige mense. Die mense wat daar werk is baie vriendelik en beleefd en behulpsaam toe ek die oggend ‘n pap wiel opgetel het. Die springbokke, vark en ganse het ook hul deel bygedra om ons regtig tuis te laat voel. Swellendam is ‘n pragtige plek – dit is ‘n skoon dorp met vriendelike mense. Jy moet ten minste ‘n week opsy sit om die hele area te besigtig en te waardeer. Ek dink die dorp en verblyf komplementeer mekaar en dit sal sorg dat hulle my gou weer sien.
Kenny S – Mar 2017
1. ○
Kenny S
Saam met eggenoot/lewensmaat
Baie lekker rustig.
Die verblyf in die kothuis was baie lekker. Die huisie was mooi skoon en bevat alles wat nodig is.
Desre J – Mar 2017
1. ○
Desre J
Gesin met tieners
Baie rustig.
Was baie mooi en rustig, maar net die bad/stort moet vervang word.
Marlise V – Feb 2017
1. ○
Marlise V
Saam met eggenoot/lewensmaat
Moenie verby ry nie.
Baie dankie vir die moeite wat gedoen is vir ons. Lekker skoon opset. Die mooiste uitsig. Gasvrou was aangenaam en hartlik. Nogmaals dankie.
Fanie S – Jan 2017
1. ○
Fanie S
Ontspanne verblyf in pragtige natuurskoon.
Pragtige natuur. Springbokke en eende op jou drumpel. Oop spasies met rivier en berge om jou. Baie stil en rustige atmosfeer. Die fasiliteit is gemaklik sonder om pretensieus te wees. Dis aards en natuurlik en pas perfek by die omgewing.
Ruan E – Jan 2017
1. ○
Ruan E
Enkelreisiger
Mooi venue vir trou. Baie mooi omgewing. Lekka slaapplek.
Baie vriendelike diens, alles is netjies en baie mooi.
Carin L – Nov 2016
1. ○
Carin L
Enkelreisiger
Ek het heerlik gebly.
Ek het vir ‘n naweek gegaan om weg te breek en alleen te wees van alles. Dit is lieflik daar – ek het onder teen die rivier gesit en my siel verkwik. Die springbokkies en alles is wonderlik.
Magriet N – Nov 2016
1. ○
Magriet N
Saam met eggenoot/lewensmaat
Lekker, rustige wegbreek-naweek.
Die plek is baie netjies, die mense is baie hulpvaardig en vriendelik. Die springbokke en vark wat so naby wei, bied ‘n tipe rustigheid. Die eendjies skep ‘n plaasatmosfeer. Jy kan lekker rondstap op die groen grasperke en ook langs die rivier op. Die yskas se vrieshokkie was net vreeslik aangepak. Ek kon nie eers ‘n pakkie spek daarin kry nie. Jy is naby die dorp self met allerhande winkels. Jy kan ook uitry en verseker wees dat jou goed veilig is. Ek sal dit beslis vir ander aanbeveel.
Andri M – Nov 2016
1. ○
Andri M
Saam met eggenoot/lewensmaat
Hemel op die platteland!
Wilna het ons ‘n hartlike verwelkoming gegee en het selfs aangebied om ons te skuif na die chalets. Die karavaan was ongelooflik mooi. Ons besoekers (springbokke, varkie en eende) het ons ekstra welkom laat voel. ‘n Lieflike wegbreekplek vir ‘n naweek. Dankie Wilna!

1.

Faye V
With spouse/partner
Cute caravan in a unique location.
The place was really unique! In the morning you will see a lot of antilope and the sweet pig who we really loved. The caravan is clean and you have everything you need. The showers are good as well! We would stay here again!
Wendy H – Oct 2016
Algehele Oorsig
1. ○
Wendy H
Family with young children
Beautiful setting and value for money.
A beautiful setting. Well-equipped chalet.
Loraine J – Sep 2016
Algehele Oorsig
1. ○
Loraine J
With spouse/partner
Baie rustig en stil en pragtig
Heerlike groot vertrekke en baie goed toegerus. Ongelukkig is die stort ‘n bietjie nou. Braai-area is lekker rustig.
Pierre L – Aug 2016
Algehele Oorsig
1.
1. ○
Pierre L
With spouse/partner
Rustig en sentraal.
Pragtig groen, baie wild en waarde vir geld.
Estelle R – Jun 2016
Algehele Oorsig
1. ●
1. ○
Estelle R
With spouse/partner
Perfect bliss!
During the latter part of 2015 my partner and I decided that we needed a break from reality. I decided to go on a search and Google directed me to LekkeSlaap. We have a love for visiting unfamiliar places and came across Chris-Elle on the LekkeSlaap website. We found the accommodation to be true to the words and pictures displayed on the LekkeSlaap website. We took the longest route from Cape Town as we wanted to get in a lot of sightseeing. Upon entering Chris-Elle Farm from the main road, it leads you to a road which made me instinctively think…
Sien meer
Lourens S – Mar 2016
Algehele Oorsig
1. ○
Lourens S
With spouse/partner
Baie aangenaam om in die Camp-o-van te oornag
Dit was baie lekker om in die netjies ingerigte karavaan te oornag.
Lorraine M – Mar 2016
Algehele Oorsig
1. ○
Lorraine M
Individual traveler
Rustig en gemaklik.
Was nogal opgewonde om in die Camp-o-van te slaap, en was elke sent werd.
Annette T – Jan 2016
Algehele Oorsig
1. ○
Annette T
With spouse/partner
Ons verblyf in die karavaan was spesiaal.
Ek het my lewensmaat verras vir sy verjaarsdag en ons het werklik die omgewing en gasvryheid geniet.
Theo J – Nov 2015
Algehele Oorsig
1.
Waarde vir Geld
1. ●
1. ●
1. ○
Theo J
With friends
Friendly owners.
A nice cottage to stay in with beautiful nature and a river to view.
Jacques S – Oct 2015
Algehele Oorsig
1.

1.
2. ○
Jacques S
With spouse/partner
Rustigheid het ons oorval en ons het heerlik die aand gebraai.
Die plekkie is tog te pragtig. Baie netjies en met smaak gemeubileer. Ons sal beslis weer gebruik maak van die eenheid.
Rosalind R – Jul 2015
Algehele Oorsig
1. ○
Rosalind R
My suster en ek het dit terdeë geniet.
Sal weer teruggaan. Hopelik vir ‘n langer tydperk. Baie dankie. Pragtige plek. Lekker atmosfeer. Vriendelike gasvrou. Uitsig asemrowend. Baie mooi herinneringe.
Sandra D – Jun 2015
Algehele Oorsig
1. ○
Sandra D
With spouse/partner
Ons het lekker gerus, die stilte waardeer en ook die mooi omgewing.
Ons ervaring van Chris-Elle Cottage was baie goed. Die plek is geleë op ‘n baie mooi plek en die rustige en stil omgewing laat mens regtig rus. Ons het die diere op die plaas geniet (Springbokke) en ook lekker gehengel in die rivier. Swellendam is gerieflik naby vir inkopies. Wilna se diens was voortreflik. Ons beveel die rusplek regtig aan.
Philippus H – Jun 2015
Algehele Oorsig
\
1. ○
Philippus H
With spouse/partner
Met aankoms het ons die sleutel ontvang, als het vlot verloop, vriendlike, baie tuis gevoel.
Chris-Elle Cottage is ‘n rustige plekkie om af te pak. Vriendelike mense, netjies versorgde gastehuis/tuin/grasperke. Ons het heerlik met die eienares gesels oor die onthaal-venue, met die dat ons ‘n dogter het wat op trou staan. Sommer net ‘n lekker ontspanne atmosfeer.
Sonja B – May 2015
Algehele Oorsig
1. ○
Elzanne B
With spouse/partner
Pragtige en rustige ligging. Vriendelike ontvangs. Naby aan restaurante en dorp geleë.
Ons het heerlike ontspan by Chris-Elle. Pragtige omgewing met die mooiste springbokke op jou voorstoep. Naby aan Swellendam. Veilige omgewing. Sal dit beslis aanbeveel vir ‘n wegbreeknaweek.
Dalene H – May 2015
Algehele Oorsig
1.
1. ●
1. ○
Dalene H
With spouse/partner
Rustige, vriendelike plaasatmosfeer.
Baie goed ingerigte netjiese plek. Ons het die tydjie terdeë geniet. ‘n Plus vir Lekkeslaap.
Annelise N – Nov 2014
Algehele Oorsig
1. ○
Annelise N
With spouse/partner
Rustig en heerlik!
Alles rondom die verblyf op Chris-Elle was 110% die moeite werd, die akkommodasie en omgewing was “stunning” en ek sal dit definitief aanbeveel vir elkeen wat ‘n wegkomkansie nodig het. Sal defnitief weer gaan kuier!
Jan Oosthuizen O – Nov 2014
Algehele Oorsig
\
1. ○
Jan Oosthuizen O
With spouse/partner
Ongelooflike drie dae van saligheid.
Hoogs aanbeveel. Netheid, rustigheid en vrede.
Kobus O – Oct 2014
Algehele Oorsig
1. ●
1. ○
Kobus O
With spouse/partner
Most enjoyable stay
Owner even opened gate for us and we received friendly welcome. Most enjoyable stay. Will be recommended to all our friends
Natashia M – May 2014
Algehele Oorsig
1.

2. ●
1. ○
Natashia M
With spouse/partner
Lovely spot to stay en-route from Cape Town
We had a very warm welcome from Wilna. The cottage is spotlessly clean, warm and inviting! Can highly recommend to travelers wanting a break in the journey from Cape Town or back from the Garden Route.
Nanette J – Mar 2014
1. ●

2. ○
Nanette J
With spouse/partner
Ons het net oorgeslaap oppad, maar dit was heerlik.
Baie oulike kothuis! Mens sal maklik ‘n naweek net hier kan bly en ontspan op die plaas. Baie aandag aan detail gegee.
Johan M – Mar 2014
Algehele Oorsig

1. ○
Johan M
With spouse/partner
‘n Pragtige omgewing en uitstekende verblyf!
Ons was werklik verras om by aankoms dadelik ‘n trop springbokkies (party swart] te sien wei digby ons chalet. Die ontvangs deur Wina was gemoedelik en baie professioneel. Ons het ‘n rustige nag gehad in ‘n goed toegeruste chalet. Ons het dit reeds aanbeveel aan van ons vriende.
Wouter V – Feb 2014
Algehele Oorsig
1. ●

Wouter V
With spouse/partner
Pragtige natuur!
Die rustigheid van die rivier, groot grasperke en toegerusde eenheid is fantasties!
Hanlie R – Dec 2013
Algehele Oorsig
1. ○
Hanlie R
Alles was skoon en netjies.
‘n Mooi tuin en pragtige diere!
Gasteboekresensies:
Berenese Burger
August 2014
Wil net baie dankie se vir die wonderlike verblyf die naweek. Jou plekkie is fantasties en ons kan nie wag om weer te kom kuier nie!!!